Meer oor ons
In 1904 het Mnr C.W. Courtney sy besigheid, Elite Hairdressing Saloon Stationery and Newsagent, in Mosselbaai geopen. Die naam van die onderneming is later verander na C.W. Courtney & Co. Booksellers en was vir 88 jaar in die Courtney-familie tot 1991 toe Mnr Courtney se kleinseun, Mnr David Whaites dit verkoop het. Die nuwe eienaars het die besigheid later saamgevoeg met ʼn ander Mosselbaai skryfbehoeftehandelaar, Classica Skryfbehoeftes. Die huidige eienaar van Classica Skryfbehoeftes, Japie Gouws, het die onderneming in 2005 gekoop.
Classica Skryfbehoeftes vier daarom in 2022 sy 118de bestaansjaar! Waarskynlik een van die langsbestaande besighede in Mosselbaai.
Classica Skryfbehoeftes verskaf skryfbehoeftes, kantoormeubels en –toerusting, papier, lêers, besigheids- en skoolboeke, kunsmateriaal, inkprodukte vir drukkers, en talle ander produkte en dienste vir die besigheid, die skool of by die huis.
Classica Skryfbehoeftes het die afgelope jare uitgebrei deur met verteenwoordiging en daaglikse aflewering in George asook deur die handelaar Stationery Brokers in Voorbaai oor te neem. Classica is ook sedert 2017 die eienaar van Classica Rame, handeldrywend as Frame of Mind in Mosselbaai. Frame of Mind verskaf raamwerk vir skilderye, foto’s, spieëls en verskeie ander items, druk van foto’s en afbeeldings op doek en verkoop ook afdrukke, sketse en skilderye vir raam.
Classica Skryfbehoeftes doen gratis daaglikse aflewerings by besighede, departemente en skole in die areas tussen Mosselbaai en George. Ook aan ander omliggende dorpe vanaf Riversdal en Stilbaai, tot Oudtshoorn en Beaufort-Wes en Knysna op ʼn basis van voldoende vraag.






